NUM aanvaar Eskom se salarisverhogingsaanbod
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Apr 16
- 1 min read
Die mynbouvakbond NUM het Eskom se salarisverhogingsaanbod van 7% aanvaar.
Vakbonde by Eskom is al vir etlike maande in salarisverhogingsonderhandelinge. NUM en Solidariteit het die jongste aanbod aan hul lede aanvaar.
NUM sê sy lede regoor die land het die aanbod aanvaar.
Rosestad-nuus het vroeër berig die metaalwerkersvakbond Numsa eis steeds ’n verhoging van 8% en het die aanbod van 7% verwerp.








Comments