top of page



Dringende ingryping op die Vrystaatse R26-pad word gevra
Die DA in die Vrystaat sê hulle is bekommerd oor die gereelde ongelukke op die R26 tussen Bakenpark en Bohlokong. Daar is in 2024 30 ongelukke op die pad aangeteken en ‘n verdere 29 tussen Januarie en Augustus verlede jaar. Die party het aan die munisipaliteit geskryf en sal die Vrystaatse Wetgewer nader om dringende optrede aan te moedig. DA se Hilton Maasdorp blameer faktore soos spoed, swak padtekens en padtoestande. LUISTER HIER: Ter illustrasie. FOTO: Central News

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jan 14
bottom of page

