top of page

Dringende ingryping op die Vrystaatse R26-pad word gevra

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Jan 14
  • 1 min read

Die DA in die Vrystaat sê hulle is bekommerd oor die gereelde ongelukke op die R26 tussen Bakenpark en Bohlokong.


Daar is in 2024 30 ongelukke op die pad aangeteken en ‘n verdere 29 tussen Januarie en Augustus verlede jaar.


Die party het aan die munisipaliteit geskryf en sal die Vrystaatse Wetgewer nader om dringende optrede aan te moedig.


DA se Hilton Maasdorp blameer faktore soos spoed, swak padtekens en padtoestande.


LUISTER HIER:

Hilton Maasdorp

Ter illustrasie. FOTO: Central News
Ter illustrasie. FOTO: Central News

Comments


bottom of page