top of page



'n Ontbinde liggaam is in die Vrystaat gevind
Die ontbinde liggaam van 'n halfnaakte vrou is naby Welkom in die Vrystaat gevind. Polisiewoordvoerder, sersant Palesa Thabana, sê in 'n verklaring 'n saak van moord en moontlik verkragting word ondersoek. Die polisie is op 8 November na 'n veld naby Sandania ontbied, waar die vrou se liggaam gevind is. Die vrou is vermoedelik in haar laat 20s, met 'n tattoeërmerk op haar linkerbors. Die motief vir die beweerde moord is onbekend, en die ondersoek duur voort. Ter illustrasie.

Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 13, 2025
bottom of page

