top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

'n Ontbinde liggaam is in die Vrystaat gevind

Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 13, 2025
1 min read

Die ontbinde liggaam van 'n halfnaakte vrou is naby Welkom in die Vrystaat gevind.


Polisiewoordvoerder, sersant Palesa Thabana, sê in 'n verklaring 'n saak van moord en moontlik verkragting word ondersoek.


Die polisie is op 8 November na 'n veld naby Sandania ontbied, waar die vrou se liggaam gevind is. Die vrou is vermoedelik in haar laat 20s, met 'n tattoeërmerk op haar linkerbors.


Die motief vir die beweerde moord is onbekend, en die ondersoek duur voort.


Ter illustrasie. FOTO: Pexels
Ter illustrasie. FOTO: Pexels


 
 
 

Comments


bottom of page