top of page



Die FWA se parkespan is volstoom aan die gang
Die Fichardtpark woonbuurtvereniging (FWA) in Bloemfontein se parkespan het vroeg aan die werk gespring. Al die parke se gras is reeds gesny. Luidens ‘n plasing op sosiale media is 31 sakke tuinvullis asook stortingsvullis verwyder. Hulle is ook besig met hul gifbespuitingsprogram waar 10 parke reeds met ‘n omgewingsvriendelike gif bespruit word om van onkruid ontslae te raak. Volgens die FWA is die doelwit om die parke doringvry te maak sodat kinders kaalvoet daar kan speel.

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jan 15
bottom of page

