top of page

Die FWA se parkespan is volstoom aan die gang

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Jan 15
  • 1 min read

Die Fichardtpark woonbuurtvereniging (FWA) in Bloemfontein se parkespan het vroeg aan die werk gespring. Al die parke se gras is reeds gesny.


Luidens ‘n plasing op sosiale media is 31 sakke tuinvullis asook stortingsvullis verwyder.


Hulle is ook besig met hul gifbespuitingsprogram waar 10 parke reeds met ‘n omgewingsvriendelike gif bespruit word om van onkruid ontslae te raak.


Volgens die FWA is die doelwit om die parke doringvry te maak sodat kinders kaalvoet daar kan speel.


Hulle sê ook die lede se geld word effektief aangewend om Fichartpark se estetiese waarde te verbeter, en dat die nuwe toerusting wat aangekoop is – beslis ‘n verskil maak om die werk vinniger af te handel.


FOTO: FWA / Facebook
FOTO: FWA / Facebook

Comments


bottom of page