top of page



Die Vrystaat se oudste huis kry nuwe lewe
Die oudste huis in die Vrystaat word tans gerestoureer deur die familie van die Franse sendeling wat dié huis in 1832 gebou het. Jean Pierre Pellissier, ’n sendeling van Parys in Frankryk, het dié huis in Bethulie in 1832 gebou. Die Pellissier-woonbuurt in Bloemfontein is ook na die familie genoem. Vanaf 1972 is die huis as dorpsmuseum gebruik, maar toe die Vrystaatse regering in 2015 dit nie meer in stand kon hou nie, is dit aan die Pellissier-familie terugverkoop. Netwerk24

Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 12, 2025
bottom of page

