Die Vrystaat se oudste huis kry nuwe lewe
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Nov 12
- 1 min read
Die oudste huis in die Vrystaat word tans gerestoureer deur die familie van die Franse sendeling wat dié huis in 1832 gebou het.
Jean Pierre Pellissier, ’n sendeling van Parys in Frankryk, het dié huis in Bethulie in 1832 gebou. Die Pellissier-woonbuurt in Bloemfontein is ook na die familie genoem.
Vanaf 1972 is die huis as dorpsmuseum gebruik, maar toe die Vrystaatse regering in 2015 dit nie meer in stand kon hou nie, is dit aan die Pellissier-familie terugverkoop.
Netwerk24 berig Sam Pellissier, ’n vyfdegeslag-afstammeling, sê daar is nog 100 familielede wat lewe.
Al die familielede, asook inwoners en boere van die distrik, het bygedra om die huis te herstel. Die totale opknapping van die huis sal sowat twee jaar neem.
Die familie beplan om weer lewe in die huis te blaas en, nes destyds, vrugtebome te plant. Sam sal in Februarie 2026 die projek voortsit.






Comments