top of page




Nege polisiebeamptes is geskors in verband met die Medicare 24-tenderproses
Die Suid-Afrikaanse Polisiediens het nege polisiebeamptes geskors in verband met die Medicare 24-tenderproses. Die geskorste beamptes was lede van die bodevalueringskomitee. Die Medicare 24-tender, ter waarde van R360-miljoen, is toegeken aan Vusimuzi Cat Matlala se maatskappy. Die polisiewoordvoerder, brigadier Athlenda Mathe, sê die beamptes is geskors hangende die finalisering van dissiplinêre en verwante ondersoeke. LUISTER HIER: Brigadier Athlenda Mathe. FOTO- Facebook

Saamgestel deur Armando Pieters
Jun 6
bottom of page

