Nege polisiebeamptes is geskors in verband met die Medicare 24-tenderproses
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Jun 6
- 1 min read
Die Suid-Afrikaanse Polisiediens het nege polisiebeamptes geskors in verband met die Medicare 24-tenderproses.
Die geskorste beamptes was lede van die bodevalueringskomitee.
Die Medicare 24-tender, ter waarde van R360-miljoen, is toegeken aan Vusimuzi Cat Matlala se maatskappy.
Die polisiewoordvoerder, brigadier Athlenda Mathe, sê die beamptes is geskors hangende die finalisering van dissiplinêre en verwante ondersoeke.
LUISTER HIER:
Athlenda Mathe - Suspensions








Comments