top of page



Die Reserwebank sal fokus op hul mandaat
Die Suid-Afrikaanse Reserwebank sê hulle sal op hul mandaat fokus om pryse stabiel te hou en te verseker dat hul nuwe inflasieteikenverwagtinge ingebed word. Die bank het verlede jaar ‘n nuwe teiken van 3% vir inflasie gestel. Volgens die die Reserwebank goewerneur sal hierdie fokus Suid-Afrika help om die wêreldwye ekonomiese ontwrigtings te navigeer. Die goewerneur voeg by wêreldwye ontwrigtings kan tot ‘n toename in leenkoste wêreldwyd lei. Ter illustrasie. FOTO: Moneywe

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jan 21


Suid-Afrikaners moet gereed maak vir ‘n toename in die inflasiekoers
Die Suid-Afrikaanse Reserwebank waarsku dat Suid-Afrikaners 'n effense toename in die inflasiekoers in die komende jaar moet verwag. Volgens SABC News het die bank hul opwaartse herstelling hersien en verwys na verhoogde elektrisiteitspryse as die primêre dryfveer. Hoofekonoom, Chris Loewald, het aangekondig dat inflasie nou na verwagting volgende jaar 3.6% sal bereik. Dit is 'n marginale toename van die bank se vroeëre projeksie van 3.3%. Globale inflasie het die afgelope j

Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 24, 2025
bottom of page

