Die Reserwebank sal fokus op hul mandaat
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Jan 21
- 1 min read
Die Suid-Afrikaanse Reserwebank sê hulle sal op hul mandaat fokus om pryse stabiel te hou en te verseker dat hul nuwe inflasieteikenverwagtinge ingebed word.
Die bank het verlede jaar ‘n nuwe teiken van 3% vir inflasie gestel.
Volgens die die Reserwebank goewerneur sal hierdie fokus Suid-Afrika help om die wêreldwye ekonomiese ontwrigtings te navigeer.
Die goewerneur voeg by wêreldwye ontwrigtings kan tot ‘n toename in leenkoste wêreldwyd lei.







Comments