top of page



KRIEKET: Rickelton en die Super Giants steel die kollig
Ryan Rickelton het met ’n blisterende 113 van net 60 balle op die Wanderers sy tweede SA20-honderdtal aangeteken en MI Cape Town met 36 lopies teen die Joburg Super Kings gelei. Rickelton is tans die voorste lopiemaker in die reeks en het beklemtoon dat sy fokus op spanoorwinnings bly. Intussen het die Durban Super Giants hul tweede oorwinning van die toernooi behaal toe Evan Jones koelkop gebly het en vier beslissende lopies van Anrich Nortjé se laaste boulbeurt geslaan het

Saamgestel deur Armando Pieters
Jan 12
bottom of page

