top of page

KRIEKET: Rickelton en die Super Giants steel die kollig

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Jan 12
  • 1 min read

Ryan Rickelton het met ’n blisterende 113 van net 60 balle op die Wanderers sy tweede SA20-honderdtal aangeteken en MI Cape Town met 36 lopies teen die Joburg Super Kings gelei.


Rickelton is tans die voorste lopiemaker in die reeks en het beklemtoon dat sy fokus op spanoorwinnings bly.


Intussen het die Durban Super Giants hul tweede oorwinning van die toernooi behaal toe Evan Jones koelkop gebly het en vier beslissende lopies van Anrich Nortjé se laaste boulbeurt geslaan het om Sunrisers Eastern Cape met twee paaltjies te klop.


Ter Illustrasie. FOTO: Unsplash
Ter Illustrasie. FOTO: Unsplash

Comments


bottom of page