top of page



Rentekoerse bly onveranderd
Die Suid-Afrikaanse Reserwebank se monetêre beleidskomitee het gestem om rentekoerse onveranderd te hou. Dit laat die repokoers op 6.7% en die prima uitleenkoers op 10.25%. Die besluit was nie eenparig nie, met vier lede van die monetêre beleidskomitee wat gestem het om dit te handhaaf en twee wat gestem het om dit met 25 basispunte te verlaag. Ter illustrasie. FOTO: Unsplash

Saamgestel deur Nadia Pieters
5 days ago


Daar kom dalk verligting vir huiseienaars
Daar kom dalk binnekort verligting vir huiseienaars, met ekonome wat nóg ’n 25-basispunt-renteverlaging vir November verwag. Dit beteken dat, saam met vorige verlagings sedert November verlede jaar, die gemiddelde maandelikse verbandbetaling met sowat eenduisend-438 rand sal verminder. Die Suid-Afrikaanse Reserwebank het reeds rentekoerse met 125 basispunte die afgelope jaar gesny. Dit kan voortgaan as inflasie stabiel tussen 2.7 en 3.3% bly. Ter illustrasie. FOTO: Wix

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 7, 2025
bottom of page

