Transitorowers het weggekom met 'n onbevestigde bedrag kontant ná 'n rooftog gister op die N8 buite Botshabelo in die Vrystaat. SABC-nuus berig die Vrystaatse woordvoerder van die Valke sê drie veiligheidswagte in 'n geldwa en nog twee in 'n begeleidingsvoertuig is naby die Botshabelo-Wes T-aansluiting gedwing om te stop nadat 'n voertuig in die geldwa vasgery het. Die rowers het die veiligheidwagte van 'n dienspistool beroof en van die toneel weggevlug. Een veiligheidwag is