Rowers slaan toe op 'n geldwa op die N8 naby Botshabelo
- Saamgestel deur Armando Pieters

- May 17
- 1 min read
Transitorowers het weggekom met 'n onbevestigde bedrag kontant ná 'n rooftog gister op die N8 buite Botshabelo in die Vrystaat.
SABC-nuus berig die Vrystaatse woordvoerder van die Valke sê drie veiligheidswagte in 'n geldwa en nog twee in 'n begeleidingsvoertuig is naby die Botshabelo-Wes T-aansluiting gedwing om te stop nadat 'n voertuig in die geldwa vasgery het.
Die rowers het die veiligheidwagte van 'n dienspistool beroof en van die toneel weggevlug.
Een veiligheidwag is gewond tydens 'n skietery.
Volgens die polisie het die rowers in drie voertuie in die rigting van Bloemfontein gevlug terwyl 'n vierde in die rigting van Ladybrand gevlug het.
Die pad was vir etlike ure gesluit.








Comments