top of page



Vleispryse styg oor die Kerstyd
As jy dié Kersfees die immergewilde skaapboud in die oond wil sit, ʼn tjoppie op die vuur wil gooi of ʼn lekker stuk biefstuk wil braai, moet jy maar regmaak om jou sak behoorlik te skud. Maroela Media berig luidens die jongste data van Statistieke Suid-Afrika het vleispryse die hoogste vlak in byna agt jaar bereik. Volgens senior landbou-ekonoom by FNB, Paul Makube, is die hoofoorsaak vir hierdie krisis die uitbreking van bek-en-klouseer wat vanjaar deur die land versprei het.

Saamgestel deur Ilde Roos
Dec 19, 2025
bottom of page

