top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Aanlynkopers word aangemoedig om virtuele kaarte te gebruik

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Oct 9, 2025
  • 1 min read

Om hulself teen bedrog te beskerm moedig kenners Suid-Afrikaners aan om virtuele kaarte te gebruik wanneer hulle aanlyn aankopies doen.


Volgens Investec se hoof van bedrogrisiko, Kevin Hogan, is webwerwe vatbaar vir kuberkrakers en waarsku dat aanlyn inkopies verbruikers in gevaar stel om bedrieg te word en hul kaartbesonderhede gesteel te word. 


Hy sê die land se grootste banke laat kliënte toe om ‘n virtuele kaart te skep, dikwels gratis, wat gebruik kan word om digitale betalings te maak.


Die kaarte kan onmiddellik geblokkeer word as hulle gekraak of op ‘n twyfelagtige webwerf gebruik word.


Ter illustrasie. FOTO: Business Explainer
Ter illustrasie. FOTO: Business Explainer


 
 
 

Comments


bottom of page