top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Absa neem oor by Standard Bank as meesterbewaarder van die GEPF

Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
Saamgestel deur Ilde Roos
Aug 21
1 min read

Absa is aangestel as die meesterbewaarder van die Regeringswerknemerspensioenfonds (GEPF), wat bates van meer as R3,5 biljoen het.


Die aanstelling gee Absa verantwoordelikheid vir die veilige bewaring en administrasie van die fonds se beleggingsbates, insluitend die afhandeling van beleggingstransaksies, kontantbestuur wat met beleggings verband hou, en verslagdoening. Die bank neem die verantwoordelikheid oor by Standard Bank, wat vir 30 jaar die GEPF se bewaarder was.


IOL berig Absa se Francinah Madise sê die aanstelling is ’n groot verantwoordelikheid gegewe die fonds se rol in die ondersteuning van staatsamptenare, pensioenarisse en hul gesinne.


Die bank sê die aanstelling is ’n institusionele en operasionele verandering en sal nie die daaglikse ervaring van GEPF-lede en pensioenarisse direk beïnvloed nie.


Ter illustrasie. FOTO: News24
Ter illustrasie. FOTO: News24

 
 
 

Comments


bottom of page