Strenger toesig oor onafhanklike kerke word gevra

Die Kommissie vir Kulturele, Godsdienstige en Taalkundige Regte hernu sy oproep vir strenger toesig oor onafhanklike kerke.
Dit volg ná die beweerde verkragting van ’n vrou en die moord op haar vier maande oue baba in Atteridgeville, Gauteng.
Volgens die kommissie se voorsitter behoort godsdienstige leiers gekeur te word voordat hulle gemeentes lei, veral omdat hulle toegang tot kinders en ander kwesbare mense het.
Die kommissie doen ook ’n beroep op die instelling van ’n regulerende raad om klagtes teen godsdienstige leiers te ondersoek.
Die selfverklaarde pastoor Caiphus Mkhawane en twee medebeskuldigdes staan tereg op verskeie aanklagte.
Die saak is tot 29 Oktober uitgestel sodat een van die beskuldigdes ’n geestesgesondheidsbeoordeling kan ondergaan.









Comments