top of page

ActionSA betwis Opod oor verseëlde Phala Phala-verslag

  • Writer: Saamgestel deur Jana Roos
    Saamgestel deur Jana Roos
  • 6h
  • 1 min read

ActionSA het ‘n formele appèl ingedien teen die Onafhanklike Polisie-ondersoekdirektoraat, Opod, se weiering om hul ondersoekverslag rakende Presidensiële Beskermingsbeamptes wat betrokke was by die Phala Phala-sage te ontseël.


Die party sê Opod het die verslag as topgeheim geklassifiseer in stryd met kabinetsbeleid en die grondwet.


ActionSA se nasionale voorsitter, Michael Beaumont het verklaar dat die party se optrede daarop gemik is om te verseker dat inligting nie van die publiek weerhou word nie en dat die president nie bo die wet optree nie.


Ter illustrasie. FOTO: Pexels
Ter illustrasie. FOTO: Pexels

 
 
 

Comments


bottom of page