Gesondheidsdepartement erken medisyne-tekorte

1 minute ago
1 min read
Die nasionale departement van Gesondheid het medisyne-tekorte in dele van Suid-Afrika se openbare gesondheidstelsel erken.
Departementwoordvoerder Foster Mohale sê verskeie faktore, waaronder langdurige uitdagings, het tot die tekorte bygedra.
Hy sê maatreëls word ingestel om te verseker dat pasiënte steeds behandeling ontvang.
Mohale doen ’n beroep op pasiënte om nie hul medikasie te staak sonder om eers gesondheidswerkers te raadpleeg nie.
Hy sê mediese personeel sal alternatiewe behandelings of verwysings oorweeg indien spesifieke medisyne tydelik nie beskikbaar is nie.
Die departement werk ook met hawe-, doeane- en logistieke owerhede saam om vertraagde medisyne-aflewerings te bespoedig.










Comments