ActionSA doen aansoek om die Phala Phala-verslag te bekom
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Apr 29
- 1 min read
ActionSA het aansoek gedoen om die verslag van die Onafhanklike Polisie-ondersoekdirektoraat (IPOD) oor die Phala Phala-skandaal te bekom. Die verslag hou verband met die ondersoek na die diefstal van buitelandse valuta op President Cyril Ramaphosa se plaas. Volgens Eyewitness News is die verslag as topgeheim geklassifiseer en sal nie openbaar gemaak word tensy dit formeel gedeklassifiseer word nie. IPOD het die gedrag van Ramaphosa se beskermingsbeamptes ondersoek, wat na Namibië gereis het om die gesteelde geld terug te kry. ActionSA glo die verslag kan openbaar gemaak word deur die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting. Die nasionale voorsitter van ActionSA, Michael Beaumont, sê die regering het die wet verkeerd geïnterpreteer.





Comments