AfriForum steun voorgestelde wysigings aan die Nasionale Padverkeersregulasies

Sep 16
1 min read
AfriForum het kommentaar gelewer op voorgestelde wysigings aan die Nasionale Padverkeersregulasies, waarvolgens sekere bestuurderslisensies voortaan tien jaar geldig sal wees.
Die organisasie steun die wysigings en meen dit moet sonder verdere uitstel deurgevoer word.
Die voorgestelde veranderinge sal nuwe lisensiekaarte vir kodes A1, A, B en EB vir tien jaar geldig maak, terwyl C1-, C-, EC1- en EC-lisensies steeds vyf jaar geldig sal wees.
‘n Woordvoerder van AfriForum, Louis Boshoff, sê alle kodes behoort ingesluit te word.
LUISTER HIER:
260916nLouisBoshoff_AfriForum_lisensies_10jaar_AFR








Comments