Provinsiale regerings teken kontanttekort aan

Provinsiale regerings in Suid-Afrika het ‘n kontanttekort van drie-komma-agt miljard rand vir die 2024/25 fiskale jaar aangeteken.
Dit is volgens Statistieke Suid-Afrika se jongste finansiële statistieke.
Ten spyte van ‘n netto bedryfskontantinvloei van R35.5 miljard, aangedryf deur inkomste van R759.5 miljard teenoor uitgawes van R724 miljard , het aansienlike besteding aan nie-finansiële bates die algehele balans in ‘n tekort laat verval.
Onderwys het die grootste deel van die uitgawes uitgemaak, naamlik 42.4% van die totale uitvloei, gevolg deur gesondheid met 33.4%.
Ekonomiese sake, openbare dienste en maatskaplike beskerming het die grootste deel van die res verteenwoordig.
Statistieke Suid-Afrika sê die data beklemtoon die voortdurende fiskale druk op provinsies terwyl hulle noodsaaklike dienste finansier te midde van streng kontantbeperkings.








Comments