top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

AfriForum sê plaasaanvalle toon ’n patroon van buitensporige geweld

Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
Saamgestel deur Nadia Pieters
Sep 15
1 min read

AfriForum sê ’n studie van 47 gewelddadige plaasaanvalle oor sewe jaar toon ’n herhalende patroon van buitensporige geweld teen slagoffers.


Volgens die burgerregteorganisasie se nuwe verslag, More than robbery, is die aanvalle tussen 2019 en 2025 bestudeer.


AfriForum sê sy navorsing toon dat slagoffers in die bestudeerde aanvalle onder meer gemartel, verbrand, gesteek en verwurg is.


Die organisasie kom tot die gevolgtrekking dat die geweld in dié aanvalle volgens hom as marteling beskou kan word en dat plaasaanvalle ’n uitsonderlike soort misdaad kan wees.


AfriForum sê dié soort aanvalle kom volgens sy navorsing in al die provinsies voor en beskou dit as ’n nasionale landelike veiligheidsprobleem.


Die organisasie doen ’n beroep op die regering om plaasaanvalle as ’n prioriteitsmisdaad te erken en ’n gespesialiseerde strategie daarteen te ontwikkel.


Ter illustrasie. FOTO: Wix
Ter illustrasie. FOTO: Wix

 
 
 

Comments


bottom of page