top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

AfriForum verklaar 1 Desember tot ’n internasionale herdenkingsdag vir plaasmoorde

Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
Saamgestel deur Nadia Pieters
2 days ago
1 min read

AfriForum het 1 Desember tot ’n internasionale herdenkingsdag vir plaasmoorde en -aanvalle verklaar, wat jaarliks ​​herdenk sal word.


Die datum herdenk die tweejarige Wilmien Potgieter, wat op 1 Desember 2010 saam met haar ouers op hul plaas in die Vrystaat vermoor is.


AfriForum se hoofwoordvoerder vir Gemeenskapsveiligheid, Jacques Broodryk, sê die organisasie doen ’n beroep op die publiek om ’n wit kruis te dra of ’n wit hemp aan te trek, as blyk van solidariteit met slagoffers en hul gesinne.


Hy sê die organisasie betrek ook internasionale rolspelers om die inisiatief te ondersteun.


LUISTER HIER:


Jacques Broodryk

Ter illustrasie. FOTO: SABC News
Ter illustrasie. FOTO: SABC News

 
 
 

Comments


bottom of page