AfriForum vra dat Majodina afgedank word

Sep 11
1 min read
Die burgerregte-organisasie, AfriForum, eis dat die minister van water en sanitasie, Pemmy Majodina, afgedank word.
Dit volg ná ’n beweerde uitbarsting tydens ’n gemeenskapsbyeenkoms in Loerie in die Oos-Kaap.
Die organisasie sê Majodina het teenoor ’n gemeenskapslid, wat na bewering gestremd is, met skeltaal uitgevaar.
Die bestuurder van Omgewingsake by AfriForum, Lambert de Klerk, sê dié gedrag is strydig met die etiese kode vir ministers en doen ’n beroep op parlementslede om ’n klag by die Openbare Beskermer in te dien.
LUISTER HIER:
260911n260911nLambertdeKerk_AfriForum_ministerMajodina_AFR








Comments