Tesourie word gevra om Mangaung se eiendomsbelasting te ondersoek

Die DA het ’n beroep op Nasionale Tesourie gedoen om die Mangaung-munisipaliteit se eiendomsbelastingverhogings te ondersoek.
Volgens die party se ontleding van meer as 22 000 residensiële eiendomme is die verhoging vir ’n tipiese eiendom sowat 24%.
Die DA beweer die munisipaliteit het die residensiële tarief effens verlaag, maar terselfdertyd eiendomswaardasies verhoog, wat volgens die party tot hoër rekeninge lei.
Die party voeg by inwoners het voor die begroting aanvaar is hul kommer oor bekostigbaarheid uitgespreek en dat ’n petisie met 775 reaksies aan die munisipaliteit voorgelê is.
Die DA sê Tesourie moet ondersoek of die munisipaliteit die impak van die verhogings op huishoudings en besighede behoorlik in ag geneem het.








Comments