Afriforum vra dat plaasmoorde ‘n prioriteitsmisdaad verklaar word

Nov 3
1 min read
Die burgerregtegroep Afriforum het 'n beroep op president Cyril Ramaphosa gedoen om plaasmoord tot 'n prioriteitsmisdaad te verklaar.
SABC-nuus berig Afriforum rig dié versoek na aanleiding van die Noordwes-plaasaanval verlede week.
Vyf verdagtes in dié verband het Dinsdag in die Ventersdorpse landdroshof verskyn. Hulle word aangekla van poging tot moord, huisroof en die onwettige besit van vuurwapens en ammunisie. Hul saak is tot 13 November uitgestel.
Afriforum se bestuurshoof, Kallie Kriel sê plaasmoorde moet dieselfde status hê as renosterstropery en geslagsgeweld.










Comments