top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

'Afvalwater kan in laekoste-kunsmis omskep word'

Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
Saamgestel deur Ilde Roos
Sep 10
1 min read

Die adjunkminister van Water en Sanitasie, Jack Bloom, het planne uiteengesit om behandelde afvalwater in laekoste-kunsmis en besproeiingswater vir opkomende boere te omskep.


Die adjunkminister het by Nampo-Kaap gepraat.


Bloom sê Suid-Afrika produseer jaarliks byna 640 000 ton munisipale afvalwaterslyk, wat tans as afval behandel word.


Hy het proewe aangehaal wat toon dat behandelde slyk veilig op gewasse gebruik kan word.


Die adjunkminister sê die departement ontwikkel ook loodsprojekte en het Graan SA en boere versoek om geskikte liggings te identifiseer.


Ter illustrasie. FOTO: Landbou
Ter illustrasie. FOTO: Landbou

 
 
 

Comments


bottom of page