Amerika beplan verdere optrede teen Suid-Afrika

Die Amerikaanse ambassadeur in Suid-Afrika, Leo Brent Bozell, waarsku dat Amerika verdere optrede teen Suid-Afrika beplan.
Dit volg op die Amerikaanse minister van Buitelandse Sake se aankondiging van nuwe visumbeperkings vir sekere Suid-Afrikaanse burgers.
Die beperkings geld vir individue wat volgens die VSA verantwoordelik is vir die bevordering van rassegebaseerde diskriminasie of die aanstigting van geweld teen minderheidsgroepe.
Bozell sê die tyd vir eindelose dialoog het verstryk en voeg by dat die beperkings slegs die eerste stap in ’n reeks eskalerende maatreëls is.
Hy voeg by die VSA wil sterk en blywende betrekkinge met die Suid-Afrikaanse regering hê, maar dat die regering moet bewys dat hy dieselfde wil hê.








Comments