top of page

Amerika sny befondsing aan SA burgerlike organisasies

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Mar 3
  • 1 min read

Weke nadat Amerika Afrikaners genooi het om vlugtelinge daar te word, het hul departement van Buitelandse sake se Buro vir bevolking, vlugtelinge en migrasie befondsing aan Suid-Afrikaanse burgerlike organisasies afgesny. Die Amerikaanse president Donald Trump het kort nadat hy in Januarie sy amp beklee het, ‘n 90-dae wagtydperk oor buitelandse hulp in plek gestel. ’n Maand later, en ten spyte van hangende litigasie, het die Trump-administrasie begin om die meeste Amerikaanse buitelandse hulpkontrakte en toelaes te beëindig. Organisasies in Suid-Afrika wat dienste lewer om vlugtelinge en asielsoekers by te staan wat na die suidpunt van Afrika gemigreer het, is nie gespaar nie.

 
 
 

Comments


bottom of page