top of page

Amerika sê vlugtelinge moet almal Suid-Afrikaners wees

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Oct 22
  • 1 min read

Feitlik ál die vlugtelinge wat jaarliks in Amerika toegelaat sal word sal Afrikaners wees – tot tot soveel as 7 000.


Netwerk24 berig volgens The Washington Post het die Amerikaanse departement van buitelandse sake verder ’n doelwit gestel om teen einde Oktober 2 000 Afrikaners vir hervestiging te verwerk, en ’n verdere 4 000 teen einde November.


Luidens die berig val die vermindering in vlugtelingtoelatings saam met ’n doelgerigte poging om duisende wit Suid-Afrikaners voor te berei om na Amerika te verhuis.


President Donald Trump het kort nadat hy aan bewind gekom het, die toelating van die meeste vlugtelinge tydelik stopgesit. Hy het egter ’n uitsondering gemaak vir Afrikaners, wat volgens hom deur rassediskriminasie in die gesig gestaar word – ’n bewering wat deur die Suid-Afrikaanse regering en sommige Afrikaners self as ongegrond verwerp word.


In Mei vanjaar het die eerste van ’n groep sogenaamde Afrikaner-vlugtelinge in Amerika aangekom.


Die eerste groep sogenaamde Afrikaner-vlugtelinge in Mei 2025. FOTO: Netwerk24
Die eerste groep sogenaamde Afrikaner-vlugtelinge in Mei 2025. FOTO: Netwerk24

Recent Posts

See All

Comments


bottom of page