top of page

Ramaphosa sê Afrikaners is nie vlugtelinge nie

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • May 12
  • 1 min read

President Cyril Ramaphosa sê die groep Afrikaners wat hulle in die Verenigde State van Amerika (VSA) hervestig het, voldoen nie aan die definisie van ʼn vlugteling nie. Volgens Newskoop het Ramaphosa op Maandag vrae beantwoord oor die groep van 49 Afrikaners wat die vorige dag Suid-Afrika vir die VSA verlaat het. IOL berig die groep van 49 het die land met hul Suid-Afrikaanse paspoorte verlaat en die regering in Pretoria het gesê daar is geen voorneme om hulle van burgerskap te ontneem nie. Volgens Eyewitness News sê die Departement van Internasionale Betrekkinge en Samewerking (DIRCO), hulle ken nie die besonderhede van die sogenaamde vlugtelinge se aansoeke by die VSA nie, omdat die proses vertroulik is. Ramaphosa sê hy het aan President Donald Trump gesê die beskuldigings van vervolging teen Afrikaners is onwaar. LUISTER HIER:

 
 
 

Comments


bottom of page