Amnestie Internasionaal SA vra vir nuwe wetgewing
- Saamgestel deur Jana Roos

- 1 hour ago
- 1 min read
Amnestie Internasionaal Suid-Afrika het opnuut gevra dat spesifieke wetgewing ingestel word om voorstaanders van menseregte te beskerm.
Die aanbeveling is dat die nuwe wetgewing 'n groter groep mense moet insluit.
SABC-nuus berig dit volg na die sluipmoord Vrydagaand op Marius van der Merwe, wat Getuie D voor die Madlanga kommissie was. Hy het getuig oor misdadigheid en korrupsie in die Ekurhuleni metropolisie.
Van der Merwe was blykbaar ook op die punt om inligting te verskaf oor onwettige mynbedrywighede waarby regeringslui betrokke sou wees. Die moord op Van der Merwe het gelei tot hernieude oproepe vir beter beskerming van fluitjieblasers en getuies.
Die woordvoerder van Amnestie Internasionaal Suid-Afrika, Genevieve Quintal, sê die nuwe wetgewing moet enigeen beskerm wat opstaan vir hul regte of dié van die gemeenskap.




Comments