Getuie D van die Madlanga-kommissie is doodgeskiet
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Dec 6, 2025
- 1 min read
Getuie D van die Madlanga-kommissie, Marius ‘Vlam’ van der Merwe, is Vrydagaand voor sy vrou en kinders doodgeskiet.
IOL berig Van der Merwe was die eienaar van die QRF-taakspan en ‘n voormalige lid van die Ekurhuleni Metro Polisiedepartement (EMPD).
Hy het Brigadier Julius Mkhwanazi van EMPD by oortredings geïmpliseer, en beweer dat Mkhwanazi hom beveel het om 'n moord op 'n verdagte deur lede van EMPD- en SAPD-beamptes toe te smeer.
Van der Merwe se getuienis was nie op kamera nie.
Intussen berig die South African die Madlanga-kommissie het voorheen gehoor dat verskeie getuies vir hul lewens gevrees het nadat hulle teen senior polisiebeamptes getuig het.
Van der Merwe is die tweede getuie wat oorlede is en met Mkhwanazi-bewerings verbind word.
Sy dood volg op die onlangse dood van Jaco Hanekom - 'n informant wat CCTV-beeldmateriaal verskaf het wat Mkhwanazi en EMPD-beamptes by koperdiefstal impliseer.
Dié skietery het op dieselfde dag plaasgevind waarop die geïmpliseerde beamptes borgtog ontvang het.







Comments