ANC-burgemeesters is steeds nie herontplooi nie
- Saamgestel deur Ilde Roos

- 27 minutes ago
- 1 min read
Die sewe burgemeesters van munisipaliteite in die Vrystaat wat in Augustus verlede jaar herontplooi sou word, is steeds in hul poste.
Netwerk24 berig die woordvoerder van die Vrystaatse departement van samewerkende regering en tradisionele sake (Cogta), Zimasa Mbewu, het dit bevestig.
Die ANC-woordvoerder in die Vrystaat, Thabo Meeko, sê die proses om dié herontplooiing af te handel, word deur die onderhoudsproses vertraag. Hy sê die ANC is daartoe verbind om die beste te kies en is streng daaroor. Sommige onderhoude is verskeie kere gevoer met die doel om die mees bekwame amptenaar te identifiseer.
Meeko sê die proses kan nie leemtes laat nie, en totdat die proses afgehandel is, sal die burgemeesters in die amp bly.
Die ANC se provinsiale uitvoerende komitee (PUK) het in Augustus verlede jaar besluit om kaders op troika-vlak (dit is burgemeesters, speakers en hoofswepe) in sewe Vrystaatse munisipaliteite te herontplooi.







Comments