Die EFF wil hê Bozell moet tot persona non grata verklaar word
- Saamgestel deur Ilde Roos

- 4 hours ago
- 1 min read
Die EFF vra dat die Amerikaanse ambassadeur in Suid-Afrika, Leo Brent Bozell, uitgesit en tot persona non grata verklaar word.
Dit volg op Bozell se eerste openbare toespraak in die land tydens ’n sake-nuuskonferensie. Bozell het die VSA se groeiende frustrasie uiteengesit met Suid-Afrika se weiering om toe te gee aan sy eise, wat die beëindiging van onteieningswette insluit.
Hy het ook voorgestel dat die land nie-belyn moet wees en bande met Amerika se teenstanders, veral Iran, moet verbreek.
Die EFF sê Bozell en president Donald Trump kan nie binnelandse en buitelandse beleid dikteer nie, en voeg by dat die diplomaat se opmerkings ’n belediging vir Suid-Afrika is.







Comments