André de Ruyter is terug
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Jan 20
- 1 min read
Die voormalige hoof- uitvoerende beampte van Eskom, André de Ruyter, is terug in Suid-Afrika. Hy is nou 'n konsultant vir maatskappye betrokke by hernieubare energie, terwyl hy steeds onderrig en deeltyds oorsese akademiese navorsing doen.
De Ruyter het in Desember 2022 uit Eskom bedank, en is in 2023 finaal weg om veiligheidsredes ná 'n onderhoud wat diep gewortelde korrupsie by Eskom ontbloot het. Hy was van 2023 tot 2024 betrokke by Yale University in Amerika se Jackson School of Global Affairs.
Rosestad-nuus se Ilde Roos verduidelik De Ruyter se besluit om terug te keer was weens tydsberekening en persoonlike voorkeur.
LUISTER:
Sy werk as konsultant hou hom betrokke by die energiesektor, maar verwyderd van die regering en Eskom.







Comments