‘n Bloemfonteinertjie is oorlede ná ‘n swembadvoorval
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- 1 hour ago
- 1 min read
Die tweejarige Noah Hewetson van Bloemfontein is oorlede, ná ’n swembadvoorval wat op Oukersdag plaasgevind het.
Hy is vir byna 40 dae in die Bloemfontein Mediclinic behandel.
Volgens Netwerk24 het Noah in die swembad by sy huis geval.
Sy ma, Chantelle Caldeira, het hom kort daarna gevind en noodhulp is onmiddellik toegepas.
Hy is daarna hospitaal toe geneem, waar hy sedertdien in ’n kritieke toestand was.







Comments