top of page

ArcelorMittal se deure bly nog 'n rukkie oop

  • Writer: Armando Pieters
    Armando Pieters
  • Apr 1
  • 1 min read

ArcelorMittal se Suid-Afrikaanse eenheid sal hul beplande sluiting van twee sleutelstaalfabrieke met ses maande uitstel nadat 'n plaaslike staatsontwikkelingsfinansieringsinstelling ingestem het om finansiering te verskaf. Moneyweb berig die Nywerheidsontwikkelingskorporasie gaan 'n R1,683 miljard-fasiliteit aan ArcelorMittal leen – en die regering het belowe om probleme wat die bedryf teister, aan te spreek. Luidens 'n verklaring deur die maatskappy sal die lening ArcelorMittal Suid-Afrika in staat stel om die afskakeling van sy Newcastle- en Vereeniging-meulens tot minstens 31 Augustus uit te stel. Die verklaring lui verder dat die fondse die onmiddellike verlies van sowat 3 500 werke sal keer, met die produsent wat konsultasies oor dié besnoeiings opskort.

 
 
 

Comments


bottom of page