Sassa druk vir digitale lewensbewys
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Apr 21
- 1 min read
Die Suid-Afrikaanse Agentskap vir Maatskaplike Sekerheid (Sassa) moedig begunstigdes aan om van sy eLife Certification-platform gebruik te maak om hul geskiktheid te bevestig.
Volgens IOL laat die digitale stelsel gebruikers toe om biometries te bewys dat hulle nog leef, sonder om ’n kantoor te besoek.
Die proses is ’n wetlike vereiste ingevolge die Maatskaplike Bystandswet en help om bedrog te voorkom en te verseker dat fondse net aan regmatige ontvangers betaal word.
Sassa sê die stelsel gebruik veilige eKYC-tegnologie en kan aanlyn voltooi word.
Begunstigdes word aangeraai om dit jaarliks te doen of binne die sperdatum indien hulle versoek word.
Die agentskap waarsku dat versuim om dit te voltooi tot die onmiddellike opskorting van toelaes kan lei.








Comments