top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Aspen onttrek hom aan die vervaardiging van ‘n MIV-spuit

Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
Saamgestel deur Ilde Roos
Sep 4
1 min read

Suid-Afrika se grootste farmaseutiese vervaardiger, Aspen Pharmacare, het hom aan die regering se planne vir die plaaslike vervaardiging van die MIV-voorkomingsinspuiting, lenacapavir, onttrek.


Business Day berig die maatskappy sê dis weens ’n gebrek aan gewaarborgde aanvraag.


Die Suid-Afrikaanse Nasionale Vigsraad (Sanac) sê Aspen se onttrekking is ’n terugslag, aangesien dit een van slegs ’n handjievol Suid-Afrikaanse maatskappye is wat die potensiële kapasiteit het om die inspuiting te vervaardig.


Volgens Aspen se uitvoerende hoof, Stephen Saad, kon Aspen nie die risiko loop dat die situasie waarin hy hom tydens die koronaviruspandemie bevind het, weer plaasvind nie. Aspen het destyds ’n ooreenkoms met Johnson & Johnson beklink om ’n Aspen-handelsmerkweergawe van dié maatskappy se Covid-19-entstof vir Afrika te bottel, maar het geen bestellings ontvang nie.


Suid-Afrika het die wêreld se grootste MIV-las, met sowat 8 miljoen mense wat met die siekte leef.


Lenacapavir is as belangrik in die stryd teen die MIV-pandemie bestempel omdat dit bykans volledige beskerming teen infeksie bied.


Ter illustrasie. FOTO: BBC
Ter illustrasie. FOTO: BBC

 
 
 

Comments


bottom of page