top of page

ATLETIEK: 105-jarige atleet maak geskiedenis by Wêreld-meesterspele in Thailand

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • May 30
  • 1 min read

Die 105-jarige Sawang Janpram het die geskiedenisboeke herskryf toe hy die oudste en eningste deelnemer in die 100-plus kategorie was by die Wêreld-meesterspele in Taiwan waar hy goud gewen het in die diskus-, spies- en gewigstoot nommers sowel as in die 100 m-item. Al wat diè meesters-atleet moes doen was om elke nommer suksesvol af te lê. Die voormalige skoolhoof se 73-jarige dogter Siripan wat soos haar pa in atletiek uitgeblink het sê hy het eer aan hulle familie gebring en is veral trots op sy tyd van 38.55 sekondes in die 100 m. Sawang wat al meer as 60 meesters-medaljes verower het sê hy sal weer aan die volgende Wêreld-meesterspele wil deelneem wat in 2027 in Japan plaasvind – mits sy gesondheid hom dit toelaat.

 
 
 

Comments


bottom of page