top of page

ATLETIEK: Bloem atleet op pad na die Afrika-jeugspele

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Nov 13
  • 1 min read

Updated: Nov 19

'n 16-Jarige atleet van die Hoërskool Jim Fouché, Anri Rautenbach, gaan glo binnekort aan die Afrika-jeugspele, van 10 tot 20 Desember in Luanda, Angola, deelneem.


Nadat Rautenbach reeds vanjaar haar naam - vir die tweede agtereenvolgende jaar - in die rekordboeke geskryf het, het sy op die G4GA-junior, -jeug en -senior-springkampioenskapsbyeenkoms verlede maand, ‘n eerste plek vir meisies o.17 behaal, met ‘n hoogte van 1,72m.


Volgens Bloemnuus het Anri op Wildeklawer se Grey-Oranje-byeenkoms verlede jaar die byeenkomsrekord vir meisies o.15 in hoogspring verbeter, na 1,68m.


Vanjaar het sy die rekord van 2009 in die o.16-afdeling verpletter met ‘n persoonlike beste wenhoogte van 1,71m.


Anri Rautenbach. FOTO- Bloemnuus
Anri Rautenbach. FOTO- Bloemnuus

1 Comment


Sorita Rautenbach
Sorita Rautenbach
Nov 14

Kan jul asb die plasing van Anri Rautenbach verwyder? Dit is valse nuus. Sy is ook minderjarig en geen toestemming is van ouers verkry. Ons sal jul kontak sodra die span bekend gemaak is.

Like
bottom of page