top of page

ATLETIEK: Duplantis verpletter 12de paalspring wêreldrekord voor tuisskare in Swede

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Jun 17, 2025
  • 1 min read

Swede se paalspring wêreldkampioen Armand Duplantis het vir ‘n 12de keer sy naam in die rekordboeke ingeskryf toe hy die wêreld-rekord by die Diamantliga-byeenkoms voor sy tuisskare in Stockholm verbeter het. Mondo soos hy in die ateletiekwêreld bekend staan en tweemalige Olimpiese kampioen het die dwarslat tot 6.28 m laat opskuif wat ’n sentimeter hoër was as sy vorige rekord. Die 25-jarige Duplantis het met min moeite oor die dwarslat geseil waarna die stadion ontplof het en hom luidkeels toegejuig toe hy sy atletiek frokkie rondgewaai het. *Die Suid-Afrikaanse middelafstand atleet Prudence Sekgodiso was ook in aksie en alhoewel sy nie die kollig soos Duplantis gesteel het nie kon sy tevrede wees met haar derde plek in die 800 m in ’n tyd van 1:58:00

 
 
 

Comments


bottom of page