ATLETIEK: Jamaika se Kishane Thomson wys hakskene in die Silesië Diamant Liga
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Aug 19, 2025
- 1 min read
Jamaika se Kishane Thomson het gewys waarom een van die beste naellopers in die wêreld is toe 100-m in die Silesië Diamant liga in ’n tyd 9.87 s gewen het en sodoende Fred Kerley se byeenkomsrekord geëwenaar het terwyl een van sy grootste teenstanders die Amerikaner Noah Lyles slegs 0.03 van ’n sekonde agter hom die eindstreep verbygesteek het vir die silwermedalje. Thomson wat die vinnigste man oor 100 m vanjaar is sal egter nie Woensdag aan die finaal deelneem nie nadat organiseerders Maandag bevestig het hy ongemak verduur met sy skeen nadat hy die einste Lyles verlede week in Pole geklop het. Suid-Afrika se naelloop ster Akani Simbine het sewende geëindig in 10.01s. Simbine se landgenoot Marioné Fourie moes in die 100-m hekkies se uitdunne slegs met die agste plek tevrede wees wat nie genoeg was om die eindstryd te haal nie. Atlete verskuif nou hul fokus na die Wêreldatletiekkampioenskap wat van 13 tot 21 September in Tokio plaasvind.






Comments